02/11/2023
Vandag 6 jaar terug het ek in die Overberg/strand aangekom. Wow! Ek dank my hemelse Vader dat ek nog nie n dag spyt was ek het hiernatoe verhuis nie.
In kort
1. 2017: Bettiesbaai: trek in katolieke kerk se woonstel in met 2 katte, rooi stoel en fiets (Luka en Misty)
2. 2017 my sabatical.
3. 2018 1 Februarie: Trek in Nessun Dorma in- wonderlike blyplek - dankie Blanche
Gee vioollesse by Handevat Music Project Kleinmond en Enlighten Hermanus
4. 2018 1 Nov: maak Jak De_Sign oop in Harbour Rd, kleinmond. Eerste keer my eie winkel.
5. 2019 Hele jaar design en hou my deure oop
6. 2020 25 Maart: hele wêreld kom tot n stilstand met covid-19. Ek geniet nogal die rus. D**k Julie maak als weer oop maar niks is meer dieselfde nie. Toeriste skaars en werk ook. Toe gebeur dit: ❤️ ontmoet my ander helfde Leon van Niekerk. Groet vir Luka en Misty en kry vir Ben (maar word ook doodgery in Clarence). Ons kry vir Kiki - calico katjie
7. 2021: Januarie trek in Kleinmond huurhuis in, 82 11de laan. Nou het Leon n garage om al sy gereedskap te hou. Ons begin rolbal speel. Leon se twee katte Marmite en Dog, sy voël Chico kom bly by ons
8. 2022: ek word 50! En ons koop die huis. Le petit ferme. Kry vir Pyper by. In november kom Bibi brak by, en bure se kat Rascal. Kiki en Rascal is sussie en boetie.
9. 2023: na 21 projekte verder lyk ons huis heel anders. Junie maand is ons al 3 jaar saam. Ruil dit vir niks. Ons kry Februarie vir Me-mo en Kiki en Marmite raak weg - losloper honde jag katte in ons buurt. In oktober besluit ons op nog n kattekie: swart en wit lang haar wolletjie. D**k nog aan naam
10. Dankbaar. Gaan goed met Men at Work.
Jak De_sign: fokus op uitleg van boeke (publishing) +_ 12 boeke uitgegee saam met Christel Foord.