19/05/2026
๐๐๐ง๐ค๐ข๐ | ๐๐ก๐๐ง๐ค ๐ฒ๐จ๐ฎ | ๐๐ ๐ ๐ฅ๐๐๐จ๐ ๐
Vandag vier Webbado sy 10de bestaansjaar.
In die foto is die klein sketsboekie waarin soveel van julle projekte met potlood en uitveรซr beplan is, van logo-ontwerpe tot website uitlegte. Ek sou nooit kon d**k dat ek na 10 jaar nogsteeds dit kan doen waarvoor ek lief is nie. Ek wil die geleentheid gebruik om elke Webbado kliรซnt te bedank.
Dankie dat julle my vertrou het met julle eie drome. Dit was en is vir my 'n eer om aan elkeen van julle se ontwerpprojekte te werk.
Ek wil ook iemand agter die skerms bedank wat nie almal van julle ken nie. In die tye toe ek ged**k het dat Webbado net 'n klein droom is, was sy altyd daar om my aan te spoor. Dankie aan my liefdevolle, wonderlike vrou, Anita, wat my getrou bygestaan het. Sy het in die laat nagte saam met my wakker gebly om projekte klaar te maak, en by my gestaan in tye van twyfel en onsekerheid as die wรชreld soms op sy kop was.
Te danke aan julle ondersteuning werk Anita nou voltyds by Webbado en speel sy 'n groot rol in die projekte wat uitgaan.
Met tegnologie wat so vinnig verander, is daar twyfel in die kreatiewe gemeenskap oor wat ons rol in die toekoms gaan wees. Ek glo egter dat ons met ons menslike, kreatiewe idees sal aanpas en saam met die nuwe era van ontwerp sal groei.
Ek dank my God vir die geleentheid om hierdie besigheid te besit en vir al die seรซninge wat daarmee saamgaan.
Dankie vir julle ondersteuning die afgelope 10 jaar. Ons sien daarna uit om saam met julle verder te groei en aan julle drome te werk.๐