Ex Afrika Rekenaars

Ex Afrika Rekenaars Hier by Ex Afrika Rekenaars help ons u graag met rekenaars, monitors, drukkers, sagteware, adsl, netwerke, data-herwinning en virusverwydering.

03/05/2024

God het die Tien Gebooie nie verniet gegee nie want ons (mense) is geneig tot sulke oortredings van God se wil. Elke mens is 'n "fabriek van afgode" - as jy jou nie aan God se Woord onderwerp nie. Visuele voorstellings van God is so 'n oortreding. Visuele oorstredings van sy Heils-openbaring is so 'n oortreding. Afgodery is by ons as ons God se openbaring probeer opvoer (soos in ons pogings om die Kruisgebeure na te boots). Wat God in die verlede gedoen het, kan nie (en mag nie) deur ons nageboots word nie. Ons moet daarna kyk en dit glo en daarvorgens leef, maar dit nie probeer naboots nie.

30/04/2024

Dit was Paasfees en is nou Pinkster. Ons Here Jesus is nou in die hemel. Om 'n kruis in die kerk te gebruik, is om sy opstanding en hemelvaart te verloën. Hy (ons Here in die hemel) het sy Romeinse kruis op Golgota gelos vir die Romeinse owerhede om weer en weer vir ander kruisigings te gebruik. Die simbole wat God ons gegee het om sy Genade voor te stel, is die doop en die nagmaal - nie die kruis nie. Oppas vir oortreding van die Tweede Gebod. Dit is volbring, het Hy gesê. Ons kan (en mag) sy kruisiging nie na-doen of her-doen of daaraan toe-doen nie: dit is volbring, finaal, volledig, lank gelede.
Kyk op na Hom wat nou lewe om by God ons Voorspraak te wees. Mense (as sondaars, ook gelowige mense, veral kunssinniges) wil op God verbeter. Wees tevrede met wat in die Bybel staan. Enig-iemand wat daaran probeer toevoeg, verkeer op baie dun ys.

24/04/2024

Ek het al die stelling gehoor dat Apple meer populêr (of beter) is as Windows. Volgens statista.com beheer Microsoft tans 72% van die mark en MacOS ongeveer 20%. Die orige ongeveer 8% behoort aan Linux, Chrome en 'n paar ander.

19/04/2024

In Microsoft Word kan jy redelik maklik outomaties 'n inhoudsopgaaf en 'n onderwerp-indeks opstel. Vir mee inligting, skakel Willem by Ex Afrika Rekenaars in die Paarl, 021-863-1856 of laat hier 'n boodskap.

17/04/2024

In Microsoft Word kan jy 'n woord of reeks woorde maklik verander na kleinletters, begin met 'n hoofletter, of almal hoofletters. Merk die onderhawige woord of woorde . Druk en hou SHIFT in en klik een of meer keer op F3 (funksietoets heel bo).

16/04/2024

Ons verkoop Microlab luidsprekers!

16/04/2024

In Microsoft Excel kan jy ook toegang tot die kopteks ("header") of voetteks ("footer") kry wanneer jy klik op View, en dan in die Workbook Views-groepie op Page Layout. Dit wys dan die area vir kop- of voetteks. Klik dan daarop.

16/04/2024

In Microsoft Excelis daar twee versteekte areas vir wanneer jy 'n spreiblad wil uitdruk, een aan die bokant en een aan die onderkant vir 'n kopteks ("header") of voetteks ("footer"). Enige teks wat outomaties bo- of onder-aan elke bladsy moet verskyn, kom hier, byvoorbeeld titel, bladsynommer, titel, outeur, ens. Klik Insert en in die Text-groepie op Header & Footer

16/04/2024

In Microsoft Word is daar op 'n blaai twee versteekte areas, een bokant en een onderkant die teks naby die blaai se boonste of onderste rant. Dit is vir 'n kopteks ("header") of voetteks ("footer"). Enige teks wat outomaties bo- of onder-aan elke bladsy moet verskyns, kom hier, byvoorbeeld titel, bladsynommer, titel, outeur, ens. Dubbelklik naby die boonste of onderste rant van die blaai (buite die teksgedeelte) om toegang te kry en die nodig daar in te vul. Skakel Willem in die Paarl by 021-863-1856 of soek op die internet vir meer inligting.

15/04/2024

Microsoft Office Outlook het 3 opsies vir die geadresseerde (ontvanger) wanneer jy e-pos stuur: To (Aan wie, meer as een is moontlik en vir ander ontvangers sigbaar), Cc (Carbon Copy - kopie: meer as een is moontlik en vir ander ontvangers sigbaar) en Bcc (Blind carbon copy - vertroulik, ontvangers is nie vir mekaar sigbaar nie).
Die Bcc-opsie is nie altyd sigbaar nie. Wanneer jy die e-pos wil stuur, klik dan op Options en dan Show Fields en dan BCC

11/04/2024

Refurbished
Dell Precision
12th Gen i7
15.6" FHD
16GB DDR5
1TB SSD
Windows 10/11 Pro (64 bit)
Limited Stock
R18590.00

09/04/2024

Rekenaar wat nie wil aankom nie? Ek het dalk die oplossing. Bring dit na Ex Afrika in die Paarl. Skakel Willem by 021-863-1856 of 083-419-7641

Address

Hoofstraat 133
Paarl
7646

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Telephone

+27218631856

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ex Afrika Rekenaars posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category