01/11/2026
🏆✨ ONS HARTE LOOP OOR VAN DANKBAARHEID! ✨🏆
HARTELIEFIE IS AANGEWYS AS SPONSOR OF THE YEAR 2026! 🥹💖
30 Oktober 2026 sal beslis 'n datum wees wat ons nie sommer sal vergeet nie!
Tydens die Sakpas Bruidjies Stellaris Awards 2026 het Harteliefie die ongelooflike eer ontvang om as SPONSOR OF THE YEAR 2026 aangewys te word! 🏆🌟
Al kon ons nie die geleentheid persoonlik bywoon nie, het ons elke oomblik regstreeks gevolg. En toe ons naam aangekondig word … WOW! 🥹❤️ Wat 'n ongelooflike oomblik! Selfs van agter 'n skerm was die opgewondenheid en emosie onbeskryflik!
Maar dit stop nie daar nie! 🤩
Ons was ook ongelooflik trots om onder die TOP 6 in die Stationery & Signage-kategorie te wees! 🎉
Vir 'n klein besigheid met GROOT drome beteken hierdie erkenning soveel meer as wat woorde ooit kan beskryf.
Agter elke ontwerp, elke bestelling, elke laat aand en elke klein detail lê daar soveel liefde, harde werk en passie. ❤️
🙏 Eerstens, alle eer aan ons Hemelse Vader! Sonder Sy genade en seën sou niks hiervan moontlik gewees het nie.
💖 Aan elke liewe kliënt wat Harteliefie ondersteun, ons vertrou met julle spesiale oomblikke, ons werk deel en in ons glo — DANKIE! Julle is die rede waarom ons elke dag kan doen waarvoor ons so lief is.
🌸 Aan Sakpas Bruidjie en die Stellaris Awards — baie dankie vir hierdie ongelooflike eer, erkenning en die geleentheid om deel te wees van iets so besonders!Natasha & Louise julle is amazing. Mag julle net van krag tot krag gaan. Eks geseënd om die pad jaarliks saam julle te kan stap. Dankie vir als wat julle vir soveel mense daar buite doen en beteken!
Ons harte is vol, ons drome is nog groter en ons is sommer net ongelooflik dankbaar!
Van klein beginne tot GROOT seëninge! 🥹🏆
Met liefde en 'n baie dankbare hart,
Harteliefie 💕
https://wa.me/27623898533