13/06/2026
𝗦𝗧𝗘𝗥𝗞𝗧𝗘 𝗠𝗘𝗧 𝗗𝗜𝗘 𝗝𝗔𝗚𝗦𝗘𝗜𝗦𝗢𝗘𝗡
Saam met HelpJag wens ons elke jagter sterkte toe vir die jagseisoen.
Ineffable Digitale Ontwerp™ bou bande deur hierdie jaar weer hande met Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging te vat. HelpJag is 'n inisiatief van Helpende Hand wat jagters sedert 2018 aanmoedig om 'n verskil in talle behoeftige gesinne te maak. As jag in jou are loop is dit onlosmaaklik deel van jou… dis nie iets wat jy kan kies nie; dit het jou gekies.
Magies volmaak... dis waaroor dit gaan. Dit is hartverskeurend hoeveel kleuters afhanklik is van ʼn ete by die skool as hul primêre ete vir die dag; dis ʼn harde werklikheid dat klein liggaampies nie normaal ontwikkel sonder ʼn gebalanseerde dieet nie. Dis moeilik om te konsentreer wanneer jy honger is; dis onmoontlik om te presteer terwyl jou magie grom.
Jo Black HelpJag se nuutste ambassadeur.
Rig jou visier op armoede. Maak 'n verskil. Skep hoop.
Ondersteun HelpJag hier:https://helpjag.co.za/
Geniet jou Saterdag!
©Ineffable Digitale Ontwerp 2026
📸Foto is verskaf.