17/11/2016
Abba Vader, ons is soms in situasies waar absoluut niks in ons guns wil te nie, en niks wil uitwerk nie, en ons het net mooi alles maar alles menslik moontlik probeer om onsself uit ons situasies te kry, en nog steeds gebeur niks nie. En meeste van ons is maar soos ek, hardekop, d**k dat U nie wil help nie, want ek het gevra en niks het gebeur nie, ek het gesmeek en gesoebat en niks het gebeur nie, en nou se ek vir myself, man kyk hier, jou Pappa Vader het nou net mooi genoeg gehad van jou. Jy moet nou vir n slag op die harde manier geleer word. Though love soos ons dit sou noem. Pappa Vader het nou net mooi genoeg gehad, elke keer help Hy jou en elke keer beland jy maar net van voor af in dieselfde gemors. En dan gaan ek soos Petrus na die plek in die see waar ek weet daar baie vis is, en ek gooi my nette uit, heelnag, want vis byt meestal deur die nag, en ek swoeg en sweet en doen alles moontlik, maar aikona, Pappa Vader U is so kwaad vir my ek kry nie eens een vissie gevang nie! En dan gaan staan ek maar weer met bakkies hande voor U, en ek se Ag my Liefste Pappa Vader, ek weet ek is skuldig, ek weet ek is n swakkeling, ek weet ek het nie eens die reg om U te vra nie, ek is nou soos n lastige straatbedelaar wat hier op ons strate se hoeke staan en ek bedel en pleit, ag net R5 vir n broodtjie asseblief mevrou, en sy draai haar ruit heeltemal toe en kyk anderpad en se nee, jammer! Ry verder voort, miskien met n klein bietjie skuldgevoel, maar so n kilometer verder het sy van die hele episode en die bedelaar vergeet en gaan aan met haar dag asof niks gebeur het nie. En dit is hoe ek dan voel, verlate, nietig, niks werd nie! En dan kom U en stel die onmoontlike voor, U se, gaan terug, gooi weer jou nette uit! En ek se, maar Pappa Vader, U behoort te weet dit gaan mos nou glad nie werk nie, ek het die hele nag geswoeg, maar geen visse nie, boonop is dit nou daglig, wat beteken geen vis nie, miskien as ek gelukkig is, een of twee vissies, en ek is so moeg, so moeg geswoeg, gesweet, so moeg van kommer en kwellinge, ek gaan nooit ooit uit die situasie uit kom nie, en nou kom U my Pappa Vader, en straf my nog en se gaan terug, en ek moet seker maar, al is ek nie lus nie, want ek vra dan U hulp en ek kan mos nou nie by my hele lys oortredinge nog n kruise agter ongehoorsaamheid sit nie, daar is al miljoene kruise langs ongehoorsaamheid afgetik, en ek is nou so desperaat, ek het seker geen ander keuse nie. Dan klim ek maar weer op die bootjie en ek vaar maar weer die see in, en ek gooi maar weer die nette in, dikbek ja, sommer baie dikbek en moedeloos, maar nou ja, laat ek dit maar doen, en skielik begin my nette skeer, en ek gil uit my maag uit vir my mede visvangers, kom help julle, kom help, maak gou, hier is soveel vis en die nette skeer, en dan staan ek skaam en skuldig voor U, en ek onthou weer, my Pappa Vader is nie sommer enige Pappa Vader nie, my Pappa Vader is die God van die onmoontlike, as Hy net die moontlike kon doen sou Hy mos nie so ekstra spesiaal gewees het nie! Hy sou nie water in wyn kon verander, dooies kon opwek, siekes gesond kon maak, duisende mense voed met vyf vissies en twee broodtjies nie of was dit nou vyf broodtjies en twee vissies? Nietemin, duisende en duisend honger mense is gevoed en hordes mandtjies oorskiet kos het oorgebly! En wat van die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, sy het geglo sy moet net aan U kleed raak, en U krag het o sterk deur haar gevloei dat U dit gevoel het, maar haar geloof my God, haar geloof Pappa Vader het haar gered. Ai my liefste Pappa Vader, vergewe my, ek kan nie eens ter verdediging se maar ek het nie geweet wat ek doen nie, ek weet maar al te goed, ek is ongehoorsaam, ek is n swakkeling my God, ek kan nie sonder U funksioneer nie, soos n klein kindtjie wat se mamma sy handtjie gedurig vashou om te keer dat hy nie voor die voertuie inhardloop en seerkry nie, so het ek n nodig, om heeldag my hand te vat en die pad vir my aan te vat, want Pappa Vader, in alle eerlikheid, op my eie is daar geen hoop vir my nie, maar met U in my lewe, sien ek kans om n bende storm te loop. Alle eer aan U in die hoogste hemele en op aarde n welbehae. Amen en Amen.