Computer Applications Technology - VSS

Computer Applications Technology - VSS Rekenaartoepassingstegnologie is 'n Hoërskool vak wat bestaan uit al die basiese Rekenaar vaardighede wat vandag se lewe baie maklik maak.

19/10/2015

BAIE STERKTE vir al die Graad 12 Rekenaartoepassingstegnologie leerders van 2015 by VSS met die Finale eksamen wat vandag afskop met Rekenaartoepassingstegnologie Vraestel 1. Ons is baie hoopvol dat julle Finale Eksamen vir julle suksesvol sal wees. Sterkte ook met al die ander vakke wat julle nog moet skryf gedurende die res van die eksamen.

22/09/2015
17/08/2015
17/08/2015

Ons wil alle Graad 12 Leerders alle voorspoed en sterkte toewens met hulle Voorbereidings Eksamen. Onthou om hard en genoeg te leer sodat jy trots op jouself kan wees wanneer jy jou uitslae sien.

Die beste tyd om te begin leer is NOU!!!

17/08/2015

'n Geseende week vir almal van julle. Nog net so paar weeke dan is dit alweer vakansie. Onthou...

"Hoe meer jy insit, hoe meer sal jy uitkry."

26/05/2015

Jy was nou wel nie deel van die Rekenaar Tegnologie klas nie, maar tog ’n groot Graad 11 Ambassadeur van Villiersdorp Sekondêre Skool. Vandag is ons harte gebreuk by die skool en dit voel asof alles stil staan. Ons weet jy is in ’n baie beter plek as ons, maar ons kan nie help om te sê: Ons gaan jou baie mis Elreze Balindlela. RUS IN VREDE, maatjie van ons!!!

One week to go, then it's TIME!!! Exams??? It's definitely around the corner so...
22/05/2015

One week to go, then it's TIME!!! Exams??? It's definitely around the corner so...

28/04/2015

B.B. KING once said: "The beautiful thing about LEARNING is NOBODY can take it away from you."

The more and harder you learn, the better equipped you'll be for the unknown future.

23/04/2015
23/04/2015

Nuwe Inligting, Hulpmiddels en Bronne beskikbaar vir die Graad 12 RTT Praktiese Assesseringstaak (PAT) wat julle kan gebruik, Sien Mnr. Swarts so gou moontlik!

31/03/2015

Dagsê almal. Weereens tyd om geluk te sê vir die volgende persone vir hulle uitstaande prestasies in die Rekenaartoepassingstegnologie Vak by ons skool:

Graad 11A se JASON SKUNI (Onderskeiding van 84% vir Rekenaar Teorie).

Graad 12 is egter NIE so maklik soos gedink word nie, maar baie geluk aan die volgende leerders met hulle ONDERSKEIDINGS in die Praktiese Eksamen:

Richard Titus (12B) - 75%
Ridowaan Booysen (12B) - 76% en...
Godwin Benjamin (12A) 77%

Baie dankie vir julle toewyding en harde werk. Nou is die tyd om egter HARDER te werk en jouself 'n mikpunt van niks minder as 75% te stel vir die jaar nie. Ons weet - JULLE KAN DIT DOEN!

Ons wil ook baie geluk sê aan al die ander leerders by Villiersdorp Sekondêre Skool wat uitgeblink het hierdie 1ste Kwartaal van 2015

Seênwense vir die Paasnaweek, GENIET julle vakansie en kom volmoed terug om die res van jou Akademiese jaar 'n "KNOCK-OUT" te gee.

Die Rekenaartegnologie Span by V.S.S ;-)

22/03/2015

Baie geluk aan die volgende Graad 10 leerders met hul uitstaande prestasies in die RTT Praktiese eksamen:

10E - Howard Damon (86%)
10E - Cee-Jay Kumail (88%)
10E - David Jantjies (90%)
10E - Duwayne Kiewedo (92%)
10E - Cameron De Wet (94%)
10A - Rudiwaan Dulman (96%)

Graad 11 en 12 prestasies sal binnekort gepost word. BAIE GELUK aan almal. Villiersdorp Sekonder asook die RTT Vakspan is baie trots op julle. Hou so aan!

Address

Villiersdorp Secondary School, Serruria Street
Villiersdorp
6848

Telephone

0288401079

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Computer Applications Technology - VSS posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Computer Applications Technology - VSS:

Share